Deur Lenie Malherbe — Plaas Overschot
Die laaste kleure van die herfs klou nog verbete vas voor die winter se onverbiddelike koue in alle felheid toeslaan.
Die vyebome se takke strek reikhalsend na Bo om ons Skepper se lof te betoon. Met 'n ritselende fluistering omhels hulle die komende winter om 'n welverdiende rus tegemoet te gaan.
Dit was 'n wonderlike geseënde vrugte-jaar.
"Soos die Here ons in oorvloed seën, gee ons dan ook graag terug aan almal wat in ons produkte sou belangstel."
Lenie Malherbe maak vir ons die heerlike G-Graag konfyte van die plaas Overschot — met die sorg, liefde en oorvloed van die Karoo in elke pot.


