FAQ — Gereelde Vrae

Waar lewer julle af?

Ons lewer tans landwyd in Suid-Afrika. Afleweringstye wissel na gelang van jou ligging.

Hoe lank neem aflewering?

Bestellings word gewoonlik binne 3-5 werksdae afgelewer. Ons werk met betroubare koeriersdienste om jou bestelling vars en veilig te lewer. Hoewel ons poog om al ons bestelliung so spoedig moontlik weg te stuur, werk ons met seisoenale produkte. Dit verg deeglike beplanning, dus kan daar vertragings wees, wat direk aan die klient gekorrespondeer word, veral die vleisprodukte kan soms lol. Op die platteland is ons baie geduldig omdat ons met die natuur werk, dus om aan u die beste vars produkte direk vanaf die plaas te lewer, vra ons dieselfde geduld.

Is die produkte vars?

Ja! Al ons produkte kom direk van plaaslike boere in die Deurgang na die Karoo. Ons prioritiseer varsheid en kwaliteit by elke bestelling.

Hoe word vleis verpak en gestuur?

Vleis word vakuumverpak en in geskikte koelhouers gestuur om varsheid tydens aflewering te verseker.

Hoe word koue produkte per koerier verpak en verskeep?

Koue produkte word gevries, dan op die dag van verskeping word dit in 'n polystyrene koelhouer geplaas, binne 'n kartonhouer. Binne die koelhouer word daar ook yspakke geplaas wat die produkte help koud hou. Die houers word geseel om temperature so laag as moontlik te hou. Dan word alle produkte ook deur die koeriermaatskappy by jou voordeur afgelaai.

Wat is die minimum bestelling vir koue ketting aflewering?

Weens die spesiale verpakkings- en versendingskoste verbonde aan koue ketting aflewering (vleis, pies, eiers, suiwel), vereis ons 'n minimum bestelling van R500 vir hierdie produkte. Dit verseker dat jou bestelling koste-effektief en veilig by jou uitkom.

Kan ek my polystyrene koelhouer terugstuur?

Ja — en ons moedig dit sterk aan! Stuur jou koelhouer terug via The Courier Guy PUDO na ons naaste locker, en ons krediteer jou rekening met 100 lojaliteitspunte. Saam beskerm ons die omgewing — een boks op 'n slag. 🌿

Kan ek 'n bestelling kanselleer of verander?

Kontak ons so gou moontlik na jou bestelling. Ons sal ons bes doen om te help, maar bestellings wat reeds verwerk is, kan nie gewysig word nie.

Watter betaalmetodes aanvaar julle?

Ons aanvaar alle groot krediet- en debietkaarte via PayFast, asook EFT/bankdeposito.

Is julle produkte vrylopend en natuurlik?

Ja — ons boere prioritiseer dierewelsyn en natuurlike grootmaakmetodes. Geen onnodige byvoegsels nie.

Hoe kontak ek julle?

Stuur 'n WhatsApp of e-pos — ons reageer so gou moontlik.

Hoe gereeld word koue produkte uitgestuur?

Koue produkte word op Maandae versend om genoeg tyd te gee vir die produkte om by kliënte uit te kom sonder om oor te staan vir 'n naweek.

Are all the BLine Plaaswinkel photos for real?

Some photos are AI generated, which might differ in colour, texture and packaging from the real product. Use the photos only as a visual aid.

Verdien ek lojaliteitspunte op Specials?

Nee — geen lojaliteitspunte word verdien op produkte in die Specials-kolleksie nie. Specials is reeds teen 'n verlaagde prys aangebied, en lojaliteitspunte geld slegs op ons gewone produkte. Jy kan steeds punte verdien op alle ander aankope in ons winkel!