Dit is nat in die Vrystaat. Sopnat.
By Kalkoenkrans, die tuiste van die Badenhorst-familie, beteken dit stewels aan, jas vas, en aan die werk — soos elke dag. Die Vrystaat se reën bring uitdagings, maar ook 'n besondere skoonheid oor die plaas. Die lug is vars, die grond is deurweek, en die diere is gelukkig.
Millize, een van die gesig agter Kalkoenkrans, pak elke taak aan met 'n glimlag — haar getroue brak stewig langs haar sy. Want dit is waarvoor hulle hier is: om met sorg en passie te boer, sodat ons kliënte die beste van die plaas op hul tafel kan sit.
Dis mooi, dis uitdagend, en dis geseënd.
By BLine Plaaswinkel glo ons dat eerlike kos van eerlike mense kom. Die Badenhorst-familie by Kalkoenkrans is 'n voorbeeld van presies dit — boere wat elke dag opstaan, ongeag die weer, omdat hul kliënte se welstand hulle na aan die hart lê.
Nog 'n unieke produk van die Gateway to the Karoo.