Winde Waai Kwaai — Afleweringsdag by BLine Plaaswinkel

Winde Waai Kwaai — Afleweringsdag by BLine Plaaswinkel

Die winde waai kwaai vandag, maar dit keer ons nie! Terwyl die Karoo-wind om die hoeke fluit, is ons besig om produkte voor te berei, versigtig te verpak en gereed te maak vir aflewering.

Môre is 'n groot dag — ons lewer af in Burgersdorp, Bethulie, Venterstad en Aliwal-Noord. Vars plaasprodukte, reg van die plaas af na jou deur. Dit is waarvoor ons leef.

Ons bemarking-filosofie is eenvoudig: ons fokus eers op ons bestaande kliente — die mense wat ons al vertrou — voordat ons ons net wyer gooi. Goeie verhoudings kom eerste. Die res volg vanself.

Dankie aan almal wat ons ondersteun. Julle maak dit die moeite werd! 🌾